Lieflik: Die Clio 3 bly maar een van die mooiste ontwerpe in die B-segment
Sorry, maar die dae is verby dat die gewone ou na iets in die klas van Volkswagen Golf en Toyota Corolla kyk as dit tyd word om kar te koop.
Deels omdat die resessie nog lank nie verby is nie en karre in daai segment heeltemal onbekostigbaar geword het vir ’n gewone salaristrekker. Maar ook omdat die supermini’s soos die VW Polo en die Mazda 2 eenvoudig so goed geword het dat mens kwalik meer kar nodig het.
Toegegee, ons almal wil ’n BMW of ’n Audi hê, maar face dit, bitter min van ons het regtig meer nodig as die outjies wat in die kompeterende B-segment speel.Vat nou maar die Renault Clio waarmee ek die afgelope week gery het. Dis nou ’n lekker tjor!
Volledige berig in die koerant.