’n Skokvideo van ’n profeet se GESUIPTE seun het Christene tot in hulle beginselvaste fondasies geruk.
Die profeet Kobus van Rensburg van Spirit Word Ministries se jong spruit, Kobus junior, het in November 2011 so dronk soos ’n tor vir ’n volgepakte gemeente gepreek en ’n heel nuwe ervaring aan hulle gegee.Die gemeente het gehuil van die lag, of was dit nou van skok?
In die YouTube-video van ses minute lank, wat al amper 4 000 hits gekry het, erken Kobus jnr. met ’n lekker sleeptong dat hy getrek is en dat die mense maar kan erken dat hulle meer van hom hou as hy lekker hoog in die takke is.
Volledige berig in die koerant.