Smeulend: Kyk net daai soepel lyne!
Toyota maak al dekades lank baie goeie karre. Betroubare rygoed wat jou darem nie ’n fortuin kos nie, maar wees nou maar eerlik: Daar is nie veel in hulle reeks wat jou hart vinniger laat klop nie.
Om die waarheid te sê, behalwe vir die wonderlike FJ Cruiser is daar niks in hulle modelreeks wat my sal verlei om snags uit die huis te sluip om in die garage na die lyne van ’n Toyota te gaan kyk of net agter die stuurwiel te gaan sit nie. Tot nou…
Op hoërskool het ek skielik, oornag, verlief geraak op ’n lieflike blonde meisie met ’n breë glimlag en skraal bene in swart skoolkouse. Stapelgekverlief, in so ’n mate dat ek kwalik reguit kon dink. En dís presies wat Toyota se nuwe 86 met my binnewerke aangevang het.
Volledige berig in die koerant.