Brave: Dink jy dat dit die tekenprent van die jaar is?
Ja, julle is seker al gatvol om te lees oor watter flieks vir Beste Fliek benoem is, maar hier is die redes HOEKOM dié nege movies as die beste uit duisende gesien word:
Amour is sonder twyfel een van die beste buitelandse flieks wat die afgelope twee jaar uitgereik is.
Dis ’n roerende storie met uitsonderlike toneelspel.
Argo is gebaseer op ware gebeure (dit alleen is ’n ekstra tick in die fliek se guns).
Die hele Hollywood praat oor Ben Affleck se fliek wat so spanningsvol is en die regte kombinasie van aksie en komedie het.
Beasts of the Southern Wild is vanjaar se “low budget” token-fliek wat benoem is.
Dis genoeg bewys dat jy NIE duisende dollars hoef te spandeer om ’n merkwaardige movie te maak nie.
Life is Pi is iets heeltemal anders en is op die boek gebaseer wat almal gesê het nie in ’n fliek omskep kan word nie.
Ang Lee het almal verkeerd bewys en die resultaat is ’n goeie rede waarom Pi een van vanjaar se beste flieks is.
Lincoln is nog ’n treffer uit die Spielberg-fabriek.
Miskien ALWEER ’n oorlogfliek van die meester, maar goed in eie reg.
Of Django Unchained Tarantino se beste fliek is, kan ’n goeie debat maak (dink aan Pulp Fiction), maar Django se vlymskerp draaiboek sorg vir twee en ’n halwe uur van plesier (en hope bloed, natuurlik).
Les Misérables is een van daai films: Óf jy like dit, óf jy haat dit – jy kan nie met dié een op die draad sit nie.