Danie “Pitbull’ van Heerden: Het twee boetes op dieselfde dag op dieselfde tyd en plek gekry maar met twee verskillende bedrae op. Foto: Foto24
Die EFC-vegter Danie “Pitbull’ van Heerden is hoogs die duiwel in nadat die verkeersdepartement in Midvaal hom twee keer beboet het – vir dieselfde oortreding!
Om dinge erger te maak is hy met twee verskillende bedrae beboet vir presies dieselfde oortreding. Die een boete is vir die bedrag van R750 en die ander boete vir die bedrag van R500. Albei boetes spog met dieselfde foto op en is op presies dieselfde tyd uitgereik. Volgens Danie is dit die eerste keer dat hy behoorlik na sy boetes gekyk het. Hoeveel ander mense kyk nie behoorlik na hulle boetes nie en betaal maar net sonder om regtig aandag te gee aan die foto en besonderhede op die boete?
“Al die mense hou die reference nommers dop, maar julle moet die hele fine dophou. Hulle verander net die inligting soos die reference nommer, die bedrag en die inspekteur se nommer,” sê Danie.
Volledige storie in die koerant en die pdf-weergawe.