Kurt: Lieg hy soos ’n tandetrekker of is hy ’n “man van sy woord”?
IS die sanger Kurt Darren die grootste liegbek in die Afrikaanse musiekbedryf of is hy regtig “’n man van sy woord”?
Dit is die vraag wat op almal se lippe is na Kurt se kroegskandes hom na bykans ses jaar weer ingehaal het.
Sondag het al voorheen berig oor onse Kurt se kuierkroeg, Die Springbok Bar in Pretoria-Oos, wat in ’n opgeneukte toestand aan die eienaar, Mike von Backström, terugbesorg is.
Die skade het bykans ’n halfmiljoen beloop en na Kurt en sy vennote, onder andere Pedrie Wannenburg, geskik het, moes hulle R300 000 opdok. Die geldjies is in paaiemente aan Mike betaal, maar sedert Oktober verlede jaar skuld hulle nog R90 000.
Volledige storie in die koerant en die pdf-weergawe.