Wat?! Sarie was baie ontsteld toe sy hoor sy moet die skottelgoed was.
Die scaryste fliek van 2013.
Hy is op pad, so mense kan maar seker wees hulle broekies gaan behoorlik bewe.
In 1981 het Sam Raimi homself gevestig as ’n horror-meester toe hy sy Evil Dead-gruwelprent uitgereik het.
Vandag is dié fliek meer van ’n komedie as jy dit kyk, want die effekte in daai dae was toe nie so waffers nie.
Maar sluk daai smile, want Raimi het nou met ’n splinternuwe span aan boord ’n splinternuwe Evil Dead aanmekaar geslaan. Volgens die Internet Movie Database (IMDb) is hy nou al in post-produksie, so hy lê al soos ’n jagse duiwel op die horison vir jou en wag.
Dit is só erg dat die voorprent nie eers in die flieks wys nie. Dit wys wel op YouTube, maar die ouderdomsperk is hoër en strenger as meeste scary flieks wat jy by ’n DVD-winkel kan uitneem.
Volledige storie in die koerant en die pdf-weergawe.