TJAILA: Die hoof van Hoërskool Dr. EG Jansen was Vrydagmiddag nie beskikbaar nie.
’n Oos-Randse skool is onder die vergrootglas na dit aan die lig gekom het dat hulle glo HARDEBAARDE inspan om rugby teen die jong latte van ander skole te speel! Kan jy dit nou oorvertel?
’n Wolk van omstredenheid hang nou oor Dr. EG Jansen in Boksburg na dit uitgekom het dat hulle blykbaar ’n O/15-laaitie in die 0/14-spannetjie gedruk het wat teen Hoërskool Kempton Park gespeel het op 21 Julie in die Valke-finaal.
Maar blykbaar is dit nie al nie! Verlede jaar het daar na bewering presies dieselfde gebeur!Daar word beweer dat ’n ander speler van Dr. EG Jansen se geboortesertifikaat laas jaar verander is sodat hy in ’n laer ouderdomsgroep kan speel.
Volledige berig in die koerant.