KERK VAN SKINDER: Ná vyf jaar loop daar steeds skinderstories in die Hervormde Kerk in Louis Trichardt. Foto: Scoop Cloete
‘n Dominee van die Hervormde Kerk in Louis Trichardt wil vir eens en altyd gerugte besweer dat hy in ’n gay verhouding met die dorp se landdros betrokke was.
Dominee Phillip Horn, leraar van die Hervormde Kerk Louis Trichardt, het wel teenoor Sondag erken hy is jare gelede valslik van homoseksualiteit beskuldig en dat die bewerings al die laaste paar jaar soos ’n swaard oor sy kop hang.
Sy skuld is nooit bewys nie, maar die saak is volgens bronne in die kerk wel teruggetrek weens ’n “gebrek aan bewyse”. Tog noem sommige inwoners hom agter sy rug “Horny Horn”.
Horn was die afgelope week nie by sy woning toe Sondag hom besoek het nie.
Volledige storie in die koerant en die pdf-weergawe.