Oud maar nie koud nie: Op sy oudag verskyn Bill Murray soms nog vir die grap in ’n Ghostbusters-pakkie!
Wat de hel gaan aan met daai ouens van Ghostbusters? Hulle sukkel nou al vir meer as 10 jaar van nonsens praat met mekaar om ’n derde Ghostbusters op dreef te kry.
Uiteindelik begin dit nou lyk asof daar darem ’n paar kompromieë getref gaan word. Die storie tot dusver: In 2009 het daar ’n Ghostbusters-speletjie uitgekom en al die oorspronklike ouens se stemme word daarin gebruik.
Op daardie stadium van die wedloop was gerugte van ’n derde fliek reeds sterk op dreef, en mense het sommer gescheme die produksieproses gaan dadelik afskop. Dit sou gebeur het onder die regie van die oorspronklike Ghostbusters-regisseur Ivan Reitman (daai ou wat Evolution ook gemaak het).
Volledige berig in die koerant.