Warm! Só lyk een van die stoere vuurwaens.
Volgende Saterdag is dit weer tanks vol nostalgie wanneer die internasionale rendag vir die 12de Passion for Speed op die Zwartkops-baan buite Pretoria sal plaasvind en ’n week daarna sal Kyalami die gasheer vir al die legends van local motorsport wees.
Glo dit of nie, Suid-Afrika is uiters ryk aan motorsport-history! Ja, ons is van die min lande wat in die sestigs en sewentigs nasionale championships vir Formule Eens gehad het.
Groot name soos John Love, Dave Charlton, Basil van Rooyen, Jackie Pretorius, Peter de Klerk, Paddy Driver, Eddie Keizan, Guy Tunmer en Ian Scheckter het met die room van F1-karre, wat toe volksbesit was, aan die Suid Afrikaanse kampioenskappe deelgeneem. Die local hero’s het dan ook sommer met hul Lotusse, Brabhams,Tyrrels en McLarens aan die jaarlikse Grand Prix deelgeneem.
Volledige storie in die koerant en die pdf-weergawe.