Siekteskok: Laurie Gam voer nou ’n stryd teen longkanker. Foto: Steve Eggington
Die omstrede gay dominee Laurie Gaum is onlangs gediagnoseer met kanker en het hierdie week begin met bestraling.
Laurie is vroeg in Desember gediagnoseer met longkanker en hy probeer nog vrede maak met die siekte wat hom onverwags getref het. “Dit lyk my dis die draak wat ek nou moet leer beveg. Nogal longkanker van alle dinge. Gister my eerste bestralingsessie van vyf weke gehad met chemo een maal per week,” sê hy.
Laurie was nog nooit ’n roker nie. “Dit verg meer as om net jou kop daarom kry, maar juis ook jou lyf!” verduidelik die omstrede doom. Volgens Laurie is hy darem nie alleen in hierdie ding nie en ontvang hy baie bystand.
Volledige storie in die koerant en die pdf-weergawe.