Absoluut fantasties! AB de Villiers kan Woensdag as SA speler van die jaar gekroon word. Foto’s: Foto24
AB de Villiers het al ’n CD op die rakke, ’n helse klomp lopies agter sy naam en dra die kapteinsarmband vir die Proteas in die twintig20- en eendag-formate, maar hy smag nog na daai een spesiale toekenning – SA krieketspeler van die jaar.
En Woensdagaand kan hy skoonmaak by die Suid-Afrikaanse kriekettoekennings waar hy in drie verskillende kategorië benoem is. Hy kan as eendagspeler van die jaar, toetsspeler van die jaar en SA speler van die jaar gekroon word.
Maar om met dié pryse weg te stap, is moeiliker as om ’n CD op die rakke te kry, want hy kom teen Morné Morkel, Dale Steyn, Vernon Philander en Hashim Amla te staan om as die beste SA speler gekroon te word.
Volledige berig in die koerant.