Die Big Easy: Ernie Els sal soos die ander die nuwe jaar op ’n hoë noot begin.Foto: Foto24
Van die wêreld se beste gholfspelers gaan vandeesweek in Durban in Volvo se Toernooi vir Kampioene afslaan.
Mens kan eintlik nie om beter vra om die seisoen in sonnige Suid-Afrika mee af te skop nie. Al die ouens was laas jaar die een of ander champ of het een van die toernooie in die Europese reeks gewen. Die groep bestaan uit 34 van die wêreld se elite-champs. Bekende oorsese manne soos Padraig Harrington – hy was laas jaar die PGA se Grand Slam-champ – Colin Montgomerie, Darren Clarke, Fransesco Molinari, Miguel Jimenez en Thomas Björn sal van Donderdag af alles in die stryd werp om die baan van die Durbanse buiteklub te tem in die eerste groot toernooi van die jaar.
Daar is natuurlik ook ’n klomp Suid-Afrikaanse sterre wat op eie bodem nie met hulle sal laat mors nie.
Volledige storie in die koerant en die pdf-weergawe.