Cheap: Die Polo BlueMotion is net die meneer om die brandstofprys se nek mee om te draai. Foto: Dawid Roux
As daar een ding in ons sonnige landjie is wat landsburgers die bleddie bliksem in maak, is dit die stygende brandstofprys. Maar Volkswagen het net die regte knoffel vir die vampiere wat jou geldjies opslurp – die Polo BlueMotion.
Volkswagen het die BlueMotion-tegnologie in 2006 in die MK4 Polo bekendgestel en dit is gemik op brandstofdoeltreffendheid. Volgens Volkswagen kry die Polo TDI BlueMotion die indrukwekkende syfers van 3.4 liter per 100 km.
Nou ja, vat so, julle vampiere!
Die 1.2 liter-dieselenjin skop 55 kW en wringkrag van 180 Nm. Dis nou nie syfers wat spoedvrate sal laat kwyl nie, maar dié Polo is nie vir daai blikskottels gemaak nie. Hy hol die 0 tot 100 km/h-ren in ’n stadige 13.0 sekondes. Maar hou maar daai brandstofverbruik in die agterkop.
Volledige storie in die koerant en die pdf-weergawe.