Reisiger: Jy kan dié goed op die Gautrein vat, maar net nie kougom nie! Foto: Dawid Roux
Jy kan amper met enigiets op die Gautrain wegkom – behalwe om chappies te kou!
The Star het onlangs berig hoe twee sussies vir ure deur Gautrein-sekuriteit in ’n kamer toegesluit is en met R700 beboet is omdat hulle blykbaar geweier het om van hulle kougom ontslae te raak.
Pontso Pakkies en Lebo Sibisi het vir die koerant vertel dat die sekuriteitsbeampte hulle genader het op die treinstasie en gesê het dat hulle nie op die trein kan klim as hulle aanhou om soos kamele te kou nie.
Volledige berig in die koerant.