SKOP! Skop! Skop! Skop! O ja, skop... Foto: Gallo Images
As jy water, eindelose up ’n unders en knocks wou sien, moes jy gistermiddag in Bloem gewees het. Die Stormers en die Cheetahs het eerder gelyk of hulle ’n afspraak vir swemlesse gehad het as vir rugby speel.
Die boykies van die Kaap is gewoond aan reëntoestande, maar katte hou nie van water nie en dit het gewys in die vervelige game. Die Stormers, wat tans tweede op die Superrugby punteleer lê, het maar gesukkel teen die Cheetahs wat so uit soos koekies in ’n weeshuis in die kompetisie is.
Die Cheetahs se afrigter, Naka Drotske, was aan sy walky-talky vasgeplak soos die Cheetahs se losskakel, Riaan Smit, se natgereënde haartjies teen hom koppie.
Volledige berig in die koerant.