Die fake: Chris Blackdiamond stry dat dié SY foto is.
Chris Blackdiamond Botes se diamantjie verdof al meer met al sy leuens!
Met boodskappe op Facebook stry hy dat die artikel wat in verlede week se Sondag verskyn het (wat berig dat hy vir ’n spiertier-kompetisie ingeskryf het met gedokterde foto’s) ’n klomp snert is. Chris “Sirkonia” hou vol dat die gemanipuleerde kiekie, wat steeds op sy Facebook-profiel is, eg is.
Hierdie einste foto het gemaak dat hy uit die Mamba Sexiest Man-kompetisie geskop is. ’n Bron het aan Sondag bevestig dat Chris inderdaad uit die kompetisie gegooi is omdat hy die photoshop-foto ingeskryf het.
Volledige berig in die koerant en die pdf-weergawe.