Cheers vir eers! Is dit goed of sleg dat ouens soos Morné Steyn die land verlaat? Foto: Foto24
Al hoe meer Suid-Afrikaners verkies deesdae om ná ’n goeie rugbyseisoen groot geld in ander lande te gaan verdien.
Bryan Habana (Toulon), Juandré Kruger (Racing Metro) en dalk nou ook Morné Steyn (Stade Francais) is die Springbokke wat ná die Superrugbyseisoen hulle tassies pak om in Europa te gaan jol. Die vraag ontstaan nou of die uittog van spelers, veral Springbokke, goed of sleg vir SA rugby is. Dit ly geen twyfel nie dat Suid-Afrikaanse rugby kerngesond is en kan dit in dié stadium bekostig as sy spelers in ’n ander land wil gaan speel.
Die faktor wat die grootste rol speel, is egter of dié manne dan nog vir die Bokke beskikbaar gaan wees.
Volledige storie in die koerant en die pdf-weergawe.