Sondag

Cops bekyk ook Guptas
AGT polisiebeamptes is Vrydag met volle betaling geskors na hulle sonder toestemming die Gupta-familie se trougaste van die Waterkloof-lugmagbasis in Pretoria na Sun City in die Noordwes begelei het, berig Sapa.

Die Tshwane-metropolisie se woordvoerder, Console Tleane, sê in totaal word 11 metropolisielede ondersoek.

Wat hierdie beamptes se betrokkenheid by die hele sage was, sal bepaal word met die ondersoek.

Supt. Isaac Mahamba sê die metropolisie het geen versoek ontvang om sekuriteit vir die Gupta-troue te verskaf nie so dié beamptes wat betrokke was het dit uit hulle eie gedoen.

Die beamptes het glo onwettig blou ligte en vals nommerplate op hul eie private karre gesit en só die Gupta-gaste rondgerits.

Behalwe vir die Bloulig-brigade wat ondersoek word, is daar nog baie vrae oor die Guptas wat dit reggekry het om op die Waterkloof-lugmagbasis, wat ’n nasionale sleutelpunt is, te kon land.

Virendra Gupta sê die Indiese hoë-kommissaris in Suid-Afrika het toestemming ontvang om die private straler by Waterkloof te land.

Volledige storie in die koerant en die pdf-weergawe.

Lolly-geld!
DIE belastinggaarder is binnekort die eienaar van ’n klomp stripklubs – solank dit sy jeukende handjies op Lolly Jackson, die vermoorde stripklub-baas, se boedel kan kry.

Jan Taks het ’n tussentydse hofbevel gekry om sy hande op Jackson se bates te lê om sy uitstaande belastinggeld te kry.

En nee, dis nie die soort bates waarvoor strippers gewild geraak het nie: Dit sluit in die Teazers-stripklubs in Pretoria, Boksburg, Kaapstad, Midrand, Rivonia en Durban, verskeie restaurante en besigheid- en residensiële eiendom.

Volgens Adrian Lackay, SARS-woordvoerder, sal die bates opgeveil word om Jackson se agterstallige belastingrekening van nagenoeg R100 miljoen te verhaal.

Volgens Sean Newman, die medeskrywer van Jackson se biografie, het die Teazers-baas vir 20 jaar lank tot en met sy dood met Jan Taks baklei oor agterstallige belasting.

Volledige storie in die koerant en die pdf-weergawe.

Kry jou Ray!
HOKAAI, stop nou daai tollie, Ray Dylan!

Die sanger, wat vyf jaar gelede die onskuld van die maagdelike Jeanine Victor weggevat het, het haar EN SY KIND finansieel en emosioneel VERSTOOT!

Boonop het hy die bloedjong mamma, wat drie maande gelede haar 21ste verjaarsdag gevier het, INGERUIL vir ’n 20-jarige SEKSBOM wat nie skaam is om haar JONG LYF op Facebook en ander sosiale media te laat SMEUL nie.

Die byna 35-jarige Ray het ook wragtig die vermetelheid gehad om Bianca Homeier, wat as Cleopatra in sy nuutste musiekvideo te sien is, Dinsdagaand na sy huis in Vredefort in die Vrystaat te vat, terwyl Jeanine met die 16 maande oue krulkop, Shaun Michael, in haar kamer gesit het. Alleen en verstote deur die man wat sy steeds lief het!

Volledige storie in die koerant en die pdf-weergawe.

Genees van mans
André Bekker is ’n sogenaamde eks-gay en baie trots daarop.

Nie net is hy “genees” van sy aangetrokkenheid tot mans nie, maar hy het ook die afgelope ses jaar glo ’n opwindende en bevredigende sekslewe met ’n persoon van die teenoorgestelde geslag – sy vrou van vier jaar.

Hulle het twee seuns uit haar vorige huwelik.

Hy het dit nou sy lewenstaak gemaak om gay mense te help om straight te word as die direkteur van New Living Way Ministry, ’n interkerklike instelling wat net op gay mense fokus.

Hul kantore is by die AGS kerk in Birchleigh-Noord, Kempton Park.

Volgens Bekker word hy oorval deur gays wat eks-gays wil wees, maar dit blyk uit inskrywings op sy Facebook-blad dat hy finansieel sukkel en binnekort ’n ander werk sal moet kry om te kan oorleef.

Volledige storie in die koerant en die pdf-weergawe.

Buig agteroor!
HY het gesien hoe 11 sakke bagasie uit die Guptas se vliegtuig by die Waterkloof-lugmagbasis gelaai, verby doeane geglip en in ’n Land Rover gelaai word.

Daar is opdrag gegee dat niemand naby die sakke mag kom nie.

Die bestuurder van die voertuig het beswaar aangeteken, maar ’n personeellid van die lughawe het hom die versekering gegee dat als in orde is.

Een van die Gupta-broers het toe opdrag gegee dat die voertuig te alle tye gesluit moet wees. Daar is ’n foto van die bestuurder en die motor geneem en ’n “verteenwoordiger” van die Guptas het by die Land Rover gaan staan.

Dié motor het toe weggery Sun City toe.

Volledige storie in die koerant en die pdf-weergawe.

Charmer “trek ma kaal uit!”
Enkelmammas wees gewaarsku!

’n Gewetenlose pierewaaier het absoluut geen beswaar daarteen om vrouens uit te buit en derduisende rande by hulle te steel nie.

Sondag het Charmaine Scott in Midrand ontmoet waar sy deesdae werk om haar skuld af te betaal.

Nicholas Carlson het sowat drie jaar gelede by haar vlerk gesleep tydens ’n partytjie van gesamentlike vriende.

“Hy het my nommer gevra. Die week daarna het hy gebel en gevra of hy kan kom kuier. Hy het by my huis opgedaag met ’n oranje Big Boy scooter. Dit het gereën en Nicholas het sommer daai hele week by haar huis gebly omdat hy geen ander vervoer gehad het nie. Hy was ook werkloos, maar die man het my so gecharm dat ek sonder om twee keer daaraan te dink, hom toegelaat het om in te trek,” vertel Charmaine.

Volledige storie in die koerant en die pdf-weergawe.

Trane rol oor nare publiek
BELINDA van der Linde kry sonder twyfel die prys vir Moeder van die Jaar!

In haar Germiston-huis vertel Belinda met trane in haar oë aan Sondag hoe lelik, stief en onbeskof lede van die publiek haar gestremde kind behandel het. Brandon is 18 jaar oud en gestremd gebore.

Hoewel hy soos enige ander kind lyk, het hy die verstand van ’n tweejarige.

Brandon het ’n brein- disfunksie en kry elke twee minute ’n fit, waarna hy saggies oor sy kop vryf.

Hy kan slegs ’n paar woorde praat en dis net sy nabye familie wat hom verstaan.

Die laaste strooi wat Belinda finaal laat knak het, was toe ’n restaurant-eienaar van Ramsgate Brandon by sy eetplek uitgesmyt het, omdat die gestremde kind hom laat “klante verloor” het.

“Ons gesin was na baie jare met vakansie see toe,” sê Belinda.

“Ons wou graag na die Pistols Saloon gaan om iets te eet, maar die oomblik toe ons daar aankom was die bikers, wat by die kuierplek gesit het, onbeskof.”

Volledige storie in die koerant en die pdf-weergawe.

Gatskop Stadsjaap
DEESDAE se klein moutertjies het soveel skop dat Naas Botha in sy gloriedae sy kop in skaamte sou laat sak.

Die koning van skop kon ’n bol behoorlik sool, maar ’n 1.4 liter turbo-aangedrewe mouter is indrukwekkend. Ek was die afgelope week agter die stuur van die Alfa Romeo Mito Distinctive TCT en die Italiaanse stadsjakker spog met só ’n enjin.

Jip, die Mito is ’n klein karretjie, maar die 1.4 liter se turbo sing tog te lieflik.

En die syfers lieg nie. Die moutertjie skop 100 kW en ’n woelige 230 Nm-wringkrag. Die krag skop lekker vinnig in en daar’s meer as genoeg vir wanneer jy dit nodig het om verby ’n irriterende trok te skiet.

Volledige storie in die koerant en die pdf-weergawe.

Yster-trokkie
EK is mal oor klein trokkies.

Goed soos Chana se Star of die Daihatsu Gran Max wat ek die afgelope week gery het.

Hierdie klein trokkies is gebaseer op die sogenaamde kei-motors in Japan, ’n klas karretjie, afleweringswaentjie of bakkie wat vir die eienaar allerhande soorte belasting- en registrasievoordele inhou.

Natuurlik sal die Japannese enjinbeperkings (660 cc en 47 kW) nie hier by ons werk nie, maar hierdie soort trokkie deel darem die gees van die kei-weergawes soos ons dit in Japan sien.

Soos met die 1500-masjientjie onder die voorsitplekke van die Gran Max. Die 71 kW en 134 Nm wringkrag klink nie na veel nie, maar as mens moet eerlik wees, is dit meer as genoeg vir die algemene behoeftes van 95% van alle besighede.

Volledige storie in die koerant en die pdf-weergawe.

Sterre toe
STAR Wars of Star Trek? Wel, JJ Abrams is deesdae sommer ALTWEE!

Abrams het oorspronklik bekend geword as skrywer van die TV-reeks Lost, maar is in 2009 ingetrek om sy lyf regisseur te hou vir die nuwe Star Trek (met Chris Pine as die nuwe Captain Kirk).

Vanjaar kom hy terug met Star Trek Into Darkness, een van 2013 se mees geantisipeerde fantasieflieks, maar die groot nuus is eintlik dat Abrams ook aangewys is as die nuwe regisseur van die nuwe Star Wars: Episode VII.

Dit maak hom amptelik elke moontlike sci-fi nerd se persoonlike held!

George Lucas het al laat in 2012 die nuus gebreek dat ’n nuwe Star Wars-trilogie die lig gaan sien.

Die opgewondenheid strek ver, want die verhaal gaan afskop ’n hele paar jaar nadat Return of the Jedi (in 1984) geëindig het.

Luke Skywalker en sy suster Leia se kinders gaan dus waarskynlik die nuwe generasie Jedi’s wees.

Volledige storie in die koerant en die pdf-weergawe.