Orders! Faf du Plessis klap die sweep teen die Nieu-Seelanders.Foto: Foto24
Suid-Afrika se nuwe krieketheld, Faf du Plessis, hou net nie op om te score nie.
Eers het hy amper eiehandig die Proteas in die tweede toets met ’n skitterbeurt saam met Jacques Kallis gered, toe raak hy laas week aan sy meisie verloof en nou gaan hy die kêppie van die Proteas in die twintig20 en die one dayers teen die Nieu-Seelanders wees.
Dis altans die prentjie wat die keurderbaas, Andrew Hudson, Donderdag geskets het toe die twintig20-groep vir die reeks teen die Kiwi’s aangekondig is. Faf vat die kapteinskap tydelik by sy goeie pel en Titans-spanmaat, AB de Villiers, oor. “AB is nog ons eerste keuse as kêppie in dié formaat, maar hy is ook een van die spelers wat ons wil roteer weens die werklading in al drie formate. Ons wil ’n kaptein vir die hele reeks hê,” sê Hudson.
Volledige storie in die koerant en die pdf-weergawe.