SJOE! Chantel Nel. Is sy Sondag se Bikini-bokkie?
DIE soektog na Sondag se bikini-bokkie het skaars afgeskop en ons het reeds inskrywings ontvang!
Chantel Nel glo sy het wat dit vat om ander uit te daag vir die titel van bikini-bokkie. Sy voel sy kan deur modelwerk eendag ’n verskil aan die wêreld maak.
As jy dink jou lyfie is mooier as Chantel s’n, beter jy daai inskrywing vinnig by ons kry!
Groot pryse is op die spel vir die meisie wat die manne se asems wegslaan en as Sondag se bikini-bokkie gekroon word!
Let wel: Hierdie is nie ’n kompetisie vir Sondag se Stukkie-blad waar die meisies die klere laat waai nie. Ons is op soek na die meisie wat die mooiste lyk in ’n volledige bikini.
Die manne wat weekliks vir hul gunstelingbikini-bokkie stem, kan ook met lekker pryse wegstap.
As jy inskryf, onthou:
Jy moet 18 jaar of ouer wees. Geen skoolmeisies nie, asseblief.
Stuur ’n vollengte-foto én ’n kop en skouer-foto na foto@sondag.co.za
Die foto’s moet so groot moontlik wees.
Sluit jou volledige naam, adres, telefoonnommers en e-posadres in, met ’n kort beskrywing van jouself en waarvan jy hou.