F1-pop: Suzie Wolff sal beslis die koppe laat draai.
F1 is besig om ernstig spoed te vang vir 2013 en dis veral AMG Mercedes F1 wat die afgelope paar weke die meeste aandag getrek het.
Die grootste skuif was sekerlik Lewis Hamilton, wat van McLaren na Mercedes toe is in die plek van die legendariese Michael Schumacher. Kort daarna het die kleurvolle motorsportbaas Norbert Haug by die Silwerpyle bedank omdat hy skynbaar geglo het dis weens sy bestuurstyl dat Schumi en Nico Rosberg in die Mercs slegs vyfde in die
vervaardigersreeks kon eindig.
Heelwat roemers het egter rondgevlieg dat Haug bedank het omdat Mercedes die trippel-champ Niki Lauda as raadgewer aangestel het. Skynbaar het Haugie nie ooghare vir Niki se hardegat manier van dinge doen nie en Lauda het nie juis wondere verrig toe hy ’n paar jaar terug spanbaas by Jaguar was nie.
Volledige storie
in die koerant en die pdf-weergawe.