MALCOLM F: Het Malcolm Lange die vinger na Robbie Hunter gewys? Foto’s: Foto24
Twee van Suid-Afrika se topfietsryers het mekaar die afgelope week kwaai in die hare gevlieg oor OPKIKKERS!
Die woordewisseling tussen Malcolm Lange en Robbie Hunter, waarskynlik Suid-Afrika se beste fietsryers van alle tye, volg ná ’n onstuimige paar maande vir fietsry waartydens die Tour de France-legende Lance Armstrong en David George, ook een van Suid-Afrika se grotes, albei erken het dat hulle opkikkers gebruik het.
Lange het verlede week beweer die gebruik van dwelms in internasionale fietsry het hom verhinder om in Europa te presteer.
“Ons weet die sport (fietsry) het nou ’n slegte beeld en dat opkikkers een van die dinge was wat my gepootjie het,” het Lange onlangs gesê.
Volledige storie in die koerant en die pdf-weergawe.