Vang my as jy kan! Met die bal onder die kieliebak is Jean de Villiers altyd giftig. Foto: Foto24
Baie mense meen ’n ou is ’n droster en drop sy land as hy oorsee gaan rugby speel. Die nuwe Springbok-kaptein, Jean de Villiers, het self al ’n seisoen in Ierland vir die klubspan Munster gejol. Hy sê dis die beste ding vir enige ou om te doen.
“As professionele speler moet jy dit een of ander tyd in jou loopbaan doen,” sê hy. “Ek dink sommige ouens doen dit baie keer op die verkeerde tyd en om die verkeerde redes. Maar ek sal dit vir seker aanbeveel, al is dit net vir een seisoen.”
Hyself het nie net gegaan met die doel om te leer nie: “Ek wou ’n jaar in Europa deurbring. Die travel wat daarmee saamgegaan, was unbelievable. Boonop het ek gesien hoe daai ouens dinge doen.”
Volledige berig in die koerant.