B`^ere, bra! Pierre moet tog nie weer Groen en Goud dra. Foto: Foto24
Heyneke Meyer kan sy naam na Stevie Wonder verander as hy steeds vir Pierre Spies as Bok-agtsteman vir die Kampioenskapsreeks kies.
Spies het in die Bulls se helse nederlaag van 32-10 Vrydag teen die Sharks gewys hoekom hy NIE vir die Bokke gekies moet word nie. Die voormalige Bokbreier Nick Mallett het voor die toetsreeks teen die Engelse nie geskroom om te sê wat hy van Spies se spel dink nie.
Mallett beskou Spies as ’n swak verdediger en het gesê sy balvernuf by die agterkant van die skrum is ook swak. Die swakhede van Spies is duidelik uitgewys in die Bulls se slae Vrydag. Ryan Kankowski, speler van die wedstryd, het Spies blomkoolore aangesit.
Volledige berig in die koerant.