Water spat: Giniel de Villiers in sy Toyota. Foto: Reuters
Die 35ste Dakar begin op 5 Januarie in Lima en tien Suid-Afrikaners gaan 14 dae lank die uiters moeilike roete deur Peru, Chili en Argentinië trotseer.
Tussen die 76 trokke, 161 karre, 195 motorfietse en 40 quads, is daar agt Toyota Hilux-bakkies wat deur die plaaslike ghoeroe Glyn Hall naby Kyalami gebou is. Twee daarvan is vir die Dakar-ikoon Giniel de Villiers en sy Duitse navigator Dirk von Zitzewitz, asook die SA off road champs Duncan Vos en Rob Howie. Die res is teen sowat R3.4 miljoen stuk aangekoop en jaag onder die vaandel van die Belgiese Overdrive-span. Die local boytjie Scott Abraham is die spanbaas.
Laas jaar was 2009 se Dakar-koning, Giniel, derde in sy eerste probeerslag in die Hilux en Duncan was tiende in sy debuutren. Geen wonder spanbaas Hall is optimisties oor hul kanse in die komende ren nie.
Volledige storie in die koerant en die pdf-weergawe.