Lionel Mapoe laat waai. Foto: Foto24
Wonderwerke gebeur nog! Dit is veral die geval vir die Lions se fans. Hulle span het die Sharks gisteraand in die Coke-blik verdrink en die besoekende rugbyspan met leë hande teruggestuur Durban toe. Die telling was 38-28.
Van die Sharks-sterre was daar gisteraand nie te siene nie. Bismarck du Plessis, Freddie Michalak en Pat Lambie was missing in action. Maar mens kan niks van die Lions wegvat nie.
Dié Jo’burgers het soos masjiene met die bal gehol en met ’n nuwe plan en nuwe gesigte gewys mens kan hulle nie summier afskryf nie. Soos wat Lionel Mapoe en die nuweling, Anthonie Volminck, met die bol gehol het, het hulle die Bokke JP Pietersen en Meyer Bosman laat lyk of hulle daar was om na die game te kyk.
Volledige berig in die koerant.