Stoutgat-laaities: Die manne van Fokofpolisiekar kom nog soms bymekaar om bietjie amok te maak.
Al jou Fokof favourites is nou slaggereed vir jou Kerskous!
Nadat die manne halt geroep het met Fokofpolisiekar het hulle gerocket met Die Heuwels Fantasties, Van Coke Kartel en aKING. Soms kom hulle nog bymekaar om amok te maak, maar dié geleenthede raak minder en minder. Die ouens van Fokofpolisiekar dreig wel om weer aan ’n album te werk, maar hulle het duidelik nog nie so ver gekom nie.
Op die VanFokKingTastieskeurspel van vroeër vanjaar het hulle ’n splinternuwe tune, Dagdronk, geskryf, so daar is darem hoop dat die manne nog ’n paar tunes vir hulle fans gaan uitdink, so hou maar duim vas! Intussen looi hulle nou net so voor Krismis die mark met ’n Best of-album slegs getiteld Fokofpolisiekar.
Volledige storie in die koerant en die pdf-weergawe.