Bok-yster! Marcell Coetzee moet die ander spanne voor seer maak. Foto: Getty Images
Dis die Rugbykampioenskap! Nie meer die Drienasies-reeks en beslis nie die Viernasies-reeks nie, maar net plein die Rugbykampioenskap.
Om dit in ’n paar woorde op te som: dit is ’n prima Superrugby-reeks waarin die Springbokke, All Blacks, Wallabies en Poemas mekaar in die Suidelike Halfrond die stryd aansê.
Dis interessant om daarop te let dat die spanne wat laas jaar tussen Suid-Afrika, Nieu-Seeland en Australië moes reis, vanjaar ook tussendeur ’n besoek aan Suid-Amerika moet bring. Dit kan daartoe bydrae dat spanne elke dan en wan deur vlugflouheid lamgelê kan word.
Volledige berig in die koerant.