Agge nee! As Sebastian Vettel (regs) vandag se race wen, is dit neusie verby vir Fernando Alonso (links). Foto: Reuters
Die Grand Prix in 2005 op Indianopolis in Amerika was ’n helse fiasko toe net vyf karre op Bridgestone-bande aan die race deelgeneem en duisende ontevrede en gekletterde toeskouers die race geboe en met bierblikke bestook het.
Dié gemors het ontstaan toe jaers wat Michelin-bande gebruik het, hulle aan die race moes onttrek omdat dié bande onveilig verklaar is. Alles het begin nadat Ralf Schumacher ’n moewiese prang in sy Toyota gehad het. Sy kar se bande kon nie die punishment op dié hoëspoed Indy-baan vat nie.
Die Yanks was nog nooit erg oor Formule Een nie. Hulle glo Nascar- en Indy-renne is meer opwindend en spectacular as die F1-sirkus. Die meeste wiele rol in Amerika. Dit is dus volgens F1 se big chief, Bernie Ecclestone, logies dat F1 in Amerika móét wees en dat F1 se gewildheid beslis sal verander met die nuwe baan in Austin, Texas.
Volledige berig in die koerant en die pdf-weergawe.