Hy’s de donner in! Dale Steyn (middel) moes eers kwaad raak vir sy spanmaats wat bottervingers gehad het. Foto: AP
Waarom Dean Elgar in die Suid-Afrikaanse toetsspan is, sal net die wyse manne van krieket weet.
Die Proteas het gewys waarom hulle die beste toetsspan ter wêreld is deur die Black Caps in drie dae te oorrompel, maar Elgar behoort nie in hulle feesvieringe te deel nie omdat hy omtrent niks tot die sege bygedra het nie. In drie beurte waarin hy gekolf het, het Elgar twee nulletjies en 21 gescore – ’n gemiddeld van sewe!
Al het die Proteas Vrydag die eerste toets met ’n beurt en 27 lopies teen ’n span gewen wat agtste op die Internasionale Krieketraad (IKR) se toetsranglys is, was die Suid-Afrikaners geensins op hulle beste nie. Hulle het nog ’n middelorde-kolwer broodnodig en dit help nie dat die coach, Gary Kirsten, en sy keurders voortploeter met iemand wat nie sy kant bring nie.
Volledige storie in die koerant en die pdf-weergawe.