Agge nee, ou maat! Die Aussies het die lewende rook uit Imran Tahir (links) gemoker.Foto: Reuters
Voordat Suid-Afrika se kriekettoetsreeks vandeesmaand teen die Aussies begin het, is daar groot ophef gemaak van die feit dat dit die reeks van die snelboulers gaan wees.
Mens sou dus dink dat Dale Steyn en Vernon Philander, wat as die wêreld se beste toetsboulers beskou word, die Proteas sou help om ná dié reeks steeds die beste toetsspan ter wêreld te wees. Morné Morkel moes ook sy deel bydra, aangesien hy negende op die internasionale ranglys vir toetsboulers is. En ná ’n stadige begin het die Proteas uiteindelik gister wakker geskrik en tjop-tjop die Aussie-penne links en regs laat kantel.
Dis nou natuurlik al die boulers behalwe die spinner Imran Tahir, wat erg sukkel. Tahir is so voorspelbaar soos die Springbok-rugbyspan se game plan. Die Aussies klits sy balle sonder moeite die veld vol.
Volledige storie in die koerant en die pdf-weergawe.