Nee julle, dis nie ’n toneeltjie uit ’n Amerikaanse hoërskool-fliek nie – dis regtig!
’n Australiese hekkies-atleet laat internetgebruikers behoorlik sweet soos hulle kyk en kyk en wéér kyk. Haar opwarmingsoefeninge het byna 500 000 tref
slae in twee dae op YouTube gekry.
Michelle Jenneke is seker die sexyste hekkies-atleet ooit! Sy’s op video afgeneem net voor haar resies by die IAAF se Wêreld-juniorkampioenskappe laas naweek in Barcelona.
Op die video smile sy soos ’n kat wat room gekry het, hop op en af en wikkel haar heupe baie verleidelik rond.Dan waai sy nog vir die crowd ook.
Te danke aan die super-cheesy musiek wat saam met die video gelaai is, is daar nou ’n video op YouTube getiteld The Hottest Hurdler Ever.
Maar het haar sexy opwarmsessie haar performance gehelp? Verseker! Check haar uit! Sy vlieg verby haar teenstanders en wen sowaar die resies!