Phelps-temmer! Chad le Clos nadat hy Michael Phelps geklop het. Foto: Gallo Images
Laas jaar dié tyd was daar maar min mense wat geweet het wie Chad le Clos is, maar nou weet sweerlik almal wie hy is.
Dié 20-jarige swemmer het vroeër vanjaar vriend en vyand verras toe hy Michael Phelps – wat met sy 22 medaljes as die beste Olimpiese deelnemer in die geskiedenis beskou word – in die 200 meter vlinderslag op die Olimpiese Spele in Londen geklop het.
In die 100 meter vlinderslag het Le Clos wel tweede geëindig, maar almal het toe al van dié Durbaniet kennis geneem en dié kêrel gaan vir seker nog baie medaljes inoes. Meer onlangs in Istanboel het Le Clos nog medaljes op die Wêreld-kortbadbyeenkoms gewen. Hy is ook as Suid-Afrika se portster van die jaar aangewys.
Volledige storie in die koerant en die pdf-weergawe.