In pienk uitgedos: Die ref Steve Walsh lyk soos ’n speler van die Bulsl. FOTO: Getty Images
Die tweede ronde van die Superrugby-reeks was die afgelope naweek baie m eer opwinden d as laas week se gaaprugby en die champs, die Chiefs, het ’n show opgesit in Dunedin.
Die Chiefs het die Highlanders met 41-27 kafgedraf.
As Oscars uitgedeel kon word vir drieë, sou Ben Smith van die Highlanders beslis een gekry het vir sy goeie hanteerwerk onder ongelooflike druk.
Die Chiefs sal net aan hulle skrums moet werk, want dit was hulle swakpunt in die game.
Dit was moeilik om jou oog op die bal te hou in die Kiwi’s se games as gevolg van die refs se helderpienk uitrusting.
Die Nieu-Seelandse Rugbyunie het ’n kontrak van drie jaar met Pink Batts onderteken en die rede vir die pienk klere is sodat almal kan sien wie blaas nou eintlik die fluitjie.