sondag se wens: Geniet die vakansie en kom veilig terug! Foto: Dawid Roux
Liewe leser, die einde van nog ’n jaar is om die draai: vir die meeste van ons ’n tyd om uit te span.
Sondag het die afgelope jaar vir julle laat lag en laat huil en te oordeel aan die koerant se konstante sirkulasie, daarin geslaag om ons mense in ware poniekoerantstyl te vermaak. Vandag se uitgawe is oudergewoonte propvol pret – blokraaisels, soduko en grappies. Sondag is weer terug met ’n splinternuwe uitgawe op Sondag, 6 Januarie 2013.
In die nuwe jaar wag daar ’n hele klomp verrassings op julle.
Die eerste belangrike aankondiging is dat ons GEEN PRYSVERHOGING in 2013 gaan hê nie! Tweedens gaan ons reeds in Januarie verlede jaar se baie gewilde BOOBJOB-KOMPETISIE herhaal en só ’n vrou EN haar man of kêrel baie gelukkig maak.
Ons gaan ook in Januarie weer ons SONDAG-STUKKIE shoot oopstel vir ’n paar gelukkige manne en hulle pêlle. Dis nou jou geleentheid om ’n professionele shoot by te woon en na die tyd daaroor te brag dat die spoeg spat! Dan moet alle dames met bikini-lyfies ook nader- skuif, want vanaf Januarie gaan Sondag begin soek na ’n BIKINI-ASTER van die maand EN as daar genoeg belangstelling EN LYWE is na Sondag se SPIERTIER van die maand. Hou gerus jou gunsteling- koerant dop vir meer besonderhede en skryf in!
Ons wens is dat jy veilig en rustig vakansie hou en as jy MOET werk, byt vas jou beurt vir ’n ruskans sal kom – RED.
Volledige storie in die koerant en die pdf-weergawe.