Moerig? Cheeky Watson is een van die manne wat hoogs ontsteld sal wees as die Kings nie volgende jaar Superrugby jol nie. Foto: Foto24
Die Southern Kings gaan dalk eers in 2014 Superrugby jol. Dit is die nuwe opsie op die tafel nadat daar nie ’n gepaste plan vir almal gevind kon word nie.
Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) se uitvoerende komitee sit eers weer op 13 Julie om die finale besluit te neem, maar een van Sondag se spioene het bevestig dat die moontlikheid groot is dat die Kings se debuut in Superrugby ’n jaar uitgestel kan word.
Saru het beloftes aan die Kings gemaak dat hulle Superrugby gaan jol, maar ook belowe dat dit nie ten koste van enige van die ander SA Superrugby-spanne sal wees nie.
Volledige berig in die koerant.