SLANERY: Volgens die polisie het ’n laaitie ’n klag gelê na hy vermoedelik per abuis deur Brits se coach ge-elbow is toe dié die fight wou stop.Grafika: Scoop Cloete
Wat begin het as ’n doodonskuldige rugbywedstryd tussen die eerste spanne van Hoërskool Brits en Hoërskool Brandwag voorverlede Saterdag, het nou in ’n CRIME SCENE ontaard!
Vuiste is geswaai, geelkaarte het gevlieg – en nou ondersoek die polisie ’n klag van AANRANDING na ’n speler van Hoërskool Brandwag glo op die veld platgeslaan is tydens dié Beeld-trofee-rugbywedstryd. Volgens konst. Nonhlanhla Magwaza, ’n woordvoerder van die polisie in Benoni, is die rugbyspeler wat die klag gelê het nie seker wie hom geslaan het nie.
Volgens Magwaza het van die omstanders die slaner geïdentifiseer as die afrigter van Hoërskool Brits se eerste span. Maar daar word ook beweer dat laasgenoemde afrigter tussenbeide getree het om die geveg te stop en toe per ongeluk die seun in die gesig geslaan het met sy elmboog.
Volledige berig in die koerant.