Frank Opperman: Hy gaan hard werk en baie fun hê in die nuwe jaar! Foto: Joyrene Kramer
Dis alweer daai tyd van die jaar wanneer almal trommeldik gevreet pens in die lug lê en ontspan en besin oor die afgelope jaar. Dit beteken natuurlik net een ding: tyd om twak uit te dink.
Elke nuwe jaar skop af met ’n spul voornemens en of dit nou is dat jy wil ophou rook, die vetjies wil afskud of ’n nuwe loopbaan wil volg – almal begin die jaar vol hoop en verwagting. Sondag het by ’n paar celebrities gaan uitvind wat hulle voornemens is vir 2013. Anton Goosen het groot planne vir volgende jaar en gaan lekker besig wees! “My nuwejaarsvoornemens is om uiteindelik my nuwe album klaar te skryf en op te neem. En meer tyd met goeie vriende te deel.”
Jack Parow wil 2013 gate uit geniet: “Meer drink, braai en musiek maak. Minder rook… maybe.” Frank Opperman: “Ek wil in die nuwe jaar so veel as moontlik werk en ook darem fun tussendeur hê.”
Volledige storie in die koerant en die pdf-weergawe.