Psy se nuwe tune Gentleman. Jy moet die storie in die koerant lees.
Die Oscar-bekroonde Reese Witherspoon moes om verskoning vra omdat sy haarself soos ‘n hooligan in Los Angeles se strate gedra het. Sy het ‘n vloermoer gegooi toe die polisie haar man vir dronkbestuur afgetrek het. Lees die storie in die koerant.
Alen het aanvanklik net verbyganers en karparkeerders vermaak met sy liedjies, maar nadat iemand ‘n video van hom gemaak het, is hy nou ‘n internetsensasie en celeb.
Ruan de waal spot met die afrikaanse musiekbedryf in sy nuutste musiekvideo! Karaoke Dude vertel die storie van die tipiese afrikaanse sanger!
‘n Ouma van 97 het beslis nege lewens.Die ouma van die Oekranïe het haar byna doodgeval toe sy deur haar woonstel venster geval het tewyl sy besig was om die venster skoon te maak.
Drie jaar na die voormalige AWB-lid André Visagie uit ’n onderhoud op e.tv geloop het, maak die politieke analis Liepollo Pheko ’n kriminele saak teen hom oop. Lees meer in die koerant hieroor.
Check die langste waterwurm in op die Aardbôl. Bruno Kammerl het die slide self gebou en dit moes haarfyn beplanning gekos het om seker te maak dat jy nie jou kop desmoers val teen ‘n rots langs die pad in plaas van die swembad nie. Hy moes een helse goeie wiskunde onnie gehad het! 10/10 vir sy wiskunde.
‘n Helse groot slang is die week gevang by ‘n konstruksie-aanleg naby Grootvlei.
Sondag publiseer gewoonlik kort en kragtige videos. Ons wil jou nie jou tyd en bandwyte mors met lang en vervelige goed nie. Ons video vandeesweek is egter 1 uur 40minute lank. Dit is vreeslike interessante program wat die BBC se Rick Edwards oor die Oscar Pretorius-sage gemaak het. Gripping stuff en rerig jou bandwyte en tyd werd.