Die arme Rachel Labuschagne! Al wat sy wou gehad het was ‘n verkoopte karavaan, vierwielmotorfiets en kar. En wat kry die stomme vrou? ‘n Karavaan wat stukkend toe gebid is. Sy beweer Kallie het haar karavaan as bidkamer ingerig en stukkend gepreek. Kallie beweer egter dis glad nie so nie. Lees die volle storie in die koerant.
Sjoe, as jy in die vertoonvenster van ‘n winkel werk beter jy maar seker maak dat jou boudjies of bitter mooi is of dat jou rompie jou boudjies net-net toemaak. Sy het darem net geterg.
Die klank-clip van die karaoke-koning van Sasolburg, Johan Saayman. Hy sing een van die liedjies wat hy uit Engels in Afrikaans vertaal het. Hy sê musiek is sy lewe. Lees die volle artikel in dié week se Sondag-koerant.
Foto’s van die gru-tonele binne Oscar Pistoruis se huis het het die week uitgelek. Lees die storie in die koerant.
Kyk hoe Brad Carter kitaar speel tydens sy breinoperasie. ‘n Pasaangeër is in sy brein ingeplant na hy baie gesukkel het met sy hande wat aanhoudend bewe as gevolg van ‘n neurologiese versteuring. Lees die artikel in dié week se Sondag.
Die ANC het dié week vurige kole op AfriForum se kop gegooi en die omstrede Dan Roodt het op sy beurt ‘n klag teen die BBC ingedien. En dít alles oor n ses minute lange dokumentêr oor wit armoede. Hier is die dokumentêr waaroor die bohaai gaan! Lees die storie in die koerant.
Kan dit die begin van die einde wees van ons elektrisiteitsprobleme? Seker nie, maar wat sê julle wat meer oor die wetenskap weet?
Twee polisiemanne van Boksburg-Noord is diep in die moeilikheid na hulle op CCTV betrap is waar ‘n seksuele gunsie uitgedeel word in ruil vir geld. Jy sien in die beeldmateriaal hoe ‘n man geld aan die polisie oorhandig en die polisievrou dan haar hand by die man se broek in steek. Lees die volle berig in die koerant.
Kirsten Martins van Hooters Umhlanga in Durban, gaan Suid-Afrika verteenwoordig in Las Vegas by die internasionale Hooters-kompetisie. Gareth Cliff was die MC vir die plaaslike kompetisie en Hooters on the Buzz in Fourways het lekker gepaartie op dié aand. Lees die storie in die koerant en kyk na nog foto’s op ons Facebook-blad.