Hiert! Caroline Wozniacki aap Serena Williams op die tennisbaan na. Foto: AP
’n Vertoonwedstryd is iets wat mens darem moet geniet of hoe?
Dis presies wat die Deense tennispoppie Caroline Wozniacki laas week in ’n vertoonwedstryd in die Gilette Federer-reeks teen Maria Sharapova gedoen het. Wozniacki was sterk op pad om ’n pak slae te kry toe sy ’n handdoek in haar toppie en ’n ander een by haar broekie ingedruk het net om snaaks te wees.
Sy het vir een punt met dié boobies en boude gespeel en verskriklik hard gemoan elke keer as sy die bal geslaan het.
Later op ’n mediakonferensie het sy gesê sy het haar goeie vriendin en mede-tennisspeler, Serene Williams, nageaap.
Volledige storie in die koerant en die pdf-weergawe.