Ek’s g’n skelm: Die Formule Een-ghoeroe, Bernie Ecclestone, sê hy is onskuldig.
Vlieg hoog en val hard het deesdae meer betrekking op Formule Een as op Lance Armstrong en baie ander sportsoorte. Tjekboeke wat toeklap en ernstige klappe is die afgelope twee maande in Formule Een uitgedeel.
Eers was dit die beweerde bedrogspul tussen CVC en SLEC met die BayernLB-bank waarby F1 se ghoeroe, Bernie Ecclestone, betrokke was. Die uitgeslape Britse Napoleon se maatskappy, Bambino Holdings, het skynbaar R385 miljoen aan Gerhard Gribkowski uitbetaal om F1-aandele terug aan CVC te verkoop teen ’n verlies vir die BayernLB-bank.
Daarna moes die klein Spaanse spannetjie HRT F1 in Desember, ná slegs drie seisoene, sy deure glo weens uitstaande skuld van R750 miljoen sluit.
Asof dit nie genoeg is nie, word die Indiese miljardêr Vijay Mallay nou ook deur skuldeisers oor die vingers geraps weens uitstaande skuld van meer as R15 miljard.
Volledige storie in die koerant en die pdf-weergawe.