Woelwater: Die Evoque is omtrent ’n lekker speelding! Foto: Dawid Roux
Die Range Rover Evoque het verskeie koppe al laat draai uit verwondering of dan bewondering.
Die kar het nou maar sy eie unieke look en diegene wat dit nie laaik nie, sê dit lyk of ’n sementblok op die kar se dak geval het. Wel, die Range Rover Evoque Si4 Dynamic 5-deur het ’n goeie indruk op plaaslike journo’s gemaak en hy is benoem as een van die Kar van die Jaar-finaliste. Die fris bul het vrek baie belangstelling gelok en al meer as 80 000 verkope wêreldwyd gehad.
Die Evoque spog verder met meer as 100 wêreldwye toekennings, wat onder meer die Wêreldontwerp- Kar van die Jaar insluit. Ek was dié week agter die stuur van die Evoque en het sommer ook ’n offroad track gedoen. Die turbocharged 2.0-liter viersilinder-petrolenjin skop 177 kW en sy 4×4-vermoëns het nie teleurgestel nie.
Volledige storie in die koerant en die pdf-weergawe.