Die challenger: Darren Daniel (links) se vaardighede op die voete laat feitlik enige opponent onbeholpe lyk.
Mens hoop maar nie Vrydagaand se EFC-middelgewigtitelgeveg kry gou klaar nie, want mens wil lekker lank sit en kyk hoe twee van die drie heel beste cage fighters in Suid-Afrika hulle verstommende talente uitstal.
Nie net het die middelgewig-champ, Jeremy Smith, en die challenger, Darren Daniel, siek vaardighede nie, maar hulle style is só verskillend dat dit in ’n epiese geveg kan ontaard. Smith, een van die min Suid-Afrikaners wat al met sukses in Amerika appels geswaai het, is ’n kort outjie, maar hy is soos ’n baksteen-kleinhuisie gebou en weet eenvoudig nie hoe om bes te gee nie. Hoe rowwer dinge raak, hoe meer geniet hy dit.
Hy het sy titel by die legendariese Gerreth “Soldier Boy” McLellan afgevat – iets wat nie sommer in enige javel se broek sit nie. Daniel, aan die ander kant, is die plakkaat-kêrel vir dié sport.
Volledige berig in die koerant en die pdf-weergawe.