Platbek-hou: Fancois Botha tref Sonny Bill Williams met hou soos ’n skop van ’n buffel. Foto: Getty Images
DIE hele debakel om Frans Botha en Sonny Bill Williams se fight was nog die hele tyd ’n deurmekaarspul, maar nou word dit ’n bleddie SIRKUS!
Albei dié twee hansworse sê hulle is reg om appels te swaai – dié keer in Suid-Afrika, waarskynlik in die Kaap of Durban.
Maar dalk moet hulle albei, sowel as SBW se omstrede manager, Khoder Nasser, eers gaan sit en dink oor eerbare goed soos sportmangees en die Queensberry Rules, want soos hulle nou tekere gaan, doen hulle nie hulle eie reputasies óf die sport van boks ’n guns nie.
Eers was daar ’n helse bohaai omdat die fight van twaalf rondes na tien verkort is toe dit gelyk het of Botha vir SBW in sy peetjie in wou wetter. Toe beweer Williams op Twitter hy en Botha het vooraf ’n deal gemaak dat dit nie tien rondes sal wees nie – iets wat die Buffel ten sterkste ontken het.
Dis nogal veelseggend dat dit nie die eerste keer is dat Sonny Bill in ’n herrie is oor gevegte wat op vreemde wyse verkort word nie. Toe kom die bohaai rondom die sogenaamde opkikkertoetse.
Volledige storie in die koerant en die pdf-weergawe.