Mooi én slim? Carla wil graag ’n kindersielkundige word. Foto: Michael Vorster Photography
Dis byna elke vrou se droom om mooi te lyk in ’n bikini langs die swembad. Wie wil nou nie mans na hul asems laat snak nie? Carla Koekemoer van Alberton is geseënd met só ’n lyfie.
Sy studeer kindersielkunde aan die Universiteit van Johannesburg en is ’n vierde- jaar. Carla het ’n groot passie vir kinders en wil ’n verskil maak in ander se lewens. Sy hou ook baie van fotografie. Haar familie en vriende ken haar as die meisie agter die lens.
Daarom is ons baie bly sy het besluit om vir Sondag se bikini-bokkie vóór die lens te gaan staan! Ongelukkig is Carla klaar gevat en sy en haar verloofde, Hein Geustyn, is “nog net so verlief op mekaar soos daardie eerste dag”.
Al wat jy moet doen om ook ’n kans te staan, is om ’n kop en skouer-foto en vollengte-foto van jou bikini-lyfie vir ons te stuur na foto@sondag.co.za Groot foto’s van ’n goeie gehalte is altyd beter!
Vertel Sondag ook bietjie meer van jouself sodat ons weet wat jy doen behalwe om mooi te lyk! Onthou, as jy inskryf, mag jy nie meer in die skool wees nie, jy moet ouer as 18 wees en jy moet ’n swemkostuum aanhê – dis nie vir Sondag se Stukkie-blad nie.
Sondag wil juis sien hoe mooi jy lyk in ’n bikini en nie hoe jy lyk sonder ’n bostukkie nie. Sondag het al soveel goeie terugvoer gekry van hul vorige bikini-bokkies dat die kompetisie al hoe warmer raak!
Sondag hou van dit wat hulle sien. Die kompetisie gaan nog deur die jaar aangaan, so jy het selfs tyd om nog bietjie aan daai lyfie te werk. As jy dink jy kan goeie kompetisie wees vir Carla, moet jy vinnig plan maak. Moenie wag nie, skryf sommer nou in!