Komkommerkoel: Handré Pollard skop nog ’n strafskop deur die pale. Foto: Foto24
Suid-Afrikaanse rugby is kerngesond. Die Baba-Bokkies het dit Vrydagaand in Kaapstad met ’n skittersege teen die Baby Blacks onderstreep.
Die Bokkies het die Kiwi’s in die final van die Wêreldtoernooi vir juniors behoorlike met 22-16 opgedons – die enigste span wat dit in die bestaan van dié toernooi kon regkry om die Nieu-Seelanders se hande van die trofee af weg te hou.
Vir die Bokkies het dinge van die begin af reggeloop, maar kan mens moet een man uitsonder. Al is hy net ’n skoollaaitie in matriek, gaan die wêreld nog baie van dié jong losskakel, Handré Pollard, sien en hoor.
Volledige berig in die koerant.