Maak oop jou oë! Morné Steyn probeer met die bal hol. Foto: Gallo Images
Die Springbokke het vooraf gesê hulle wou gisteraand se rugbytoets teen Engeland wen, maar hulle het deur hulle tande gelieg.
Wel, dit is altans hoe dinge van die kant af gelyk het, want soos hulle gespeel het, het dit amper gelyk of hulle maar net gejol het om die reeks verby te kry. Die gelykop-uitslag aan die einde van 80 minute vertel nie die hele storie nie. Eintlik moes die Bleekbene die game gewen het.
Die groot sondaar was die Bokke se losskakel Morné Steyn, wat soos sy alie geskop het.Hy is juis in die span vir sy skopwerk, maar soos wat hy die afgelope drie weke vir die Bokke geskop het, behoort hy nie eers in ’n provinsiale span nie.
Volledige berig in die koerant.